Stingel

'n Stingel van Hillebrandia sandwicensis

Die stingel is net soos blare en wortels een van die hooforgane van die hoër plante. Dit gee stewigheid aan die plant en dra meestal blare, blomme en sytakke. By bome en struike het die stingel tot 'n stewige stam ontwikkel. Die stewigheid van die stingelweefsel is veral te danke aan die vaatbundels wat daarnaas die vervoer van voedingstowwe en assimilasieprodukte behartig. Reserwevoedsel is bowendien by baie plante in die stingel opgeberg.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy